Sleutelbeen

I’ve released a song called Sleutelbeen on all platforms. It’s the first single under my Afrikaans synth pop project, Veldwerk.

Lyrics

Ek het my garing se punt verloor
En jou enkel is losgeknoop, o
Van die atlas afgeval
En jou verkeerdom ingehaal, o
Jy't jou geskiedenis afgewas
Druppels klou aan jou skouers vas, o
Ek het my drome dood laat loop
Maar jy's 'n nuwe gevoel, vol van hoop

Planete en sterre gaan staan
Die wêreld val uit sy wentelbaan
In die middel raak ons alleen
My hart teen jou
My hart teen jou sleutelbeen

Ek klop teen die verkeerde pas
En jy mis elke tweede slag, o
So ons trek al die bordjies uit
Ons vind mekaar in ons eie tyd, o

Planete en sterre gaan staan
Die wêreld val uit sy wentelbaan
In die middel raak ons alleen
My hart teen jou
My hart teen jou sleutelbeen