Adrenalien

My second single under the Veldwerk project, Adrenalien, is out on all platforms today.

Lyrics

En nou die ongeval
Sekondes voor die knal
Gesig tot aangesig
Net voor ons in mekaar in val

Met ruite toegeys
Verdowende gesuis
Met vonke in die lug
En nou die gedruis van adrenalien

Die vingers bewering
Trek deur die hare terug
En bo die wolke, kyk:
Twee hemeltuie reeds in vlug

Die oë vol sterre bruis
En oorverdowende gesuis
Die reuk van vonke in die lug
En nou die gedruis van adrenalien

Neem eers die oomblik in
Voor ons finaal begin
Voor ek jou naam leer ken
Voor die gedruis