Die Koue (I)

My third Veldwerk single, Die Koue (I), is out on all platforms.

Lyrics

O, rustelose jy
So dringend in die koue in en buite bereik
O, vasberade jy
Veg jy nog vir ons of veg jy net om in te bly?

O, dink jy ook aan my
Ek stuur al hierdie seine uit en hoop dat een jou kry
O, altyd op die lyn
Wat is dan daarbuite dat jy altyd verdwyn

Laat vaar jou soektog
En kom in uit die koue
En ons hoef nie meer alleen te voel
Alleen te voel, alleen te voel nie
Verdoof die ligte
En bly weg van die ruite
En ons hoef nie meer alleen te voel
Alleen te voel, alleen te voel nie

(Alleen te voel nie)

O, jy lewe nog die eed
Jy probeer so hard vergeet
Dat ons meer as dié verdien
O, ons altwee ken die kreet
Maar jy weet, jy weet, jy weet, jy weet
Ek het jou gesien

Laat vaar jou soektog
En kom in uit die koue
En ons hoef nie meer alleen te voel
Alleen te voel, alleen te voel nie
Verdoof die ligte
En bly weg van die ruite
En ons hoef nie meer alleen te voel
Alleen te voel, alleen te voel nie
Vergeet die radiostilte
En praat met my
En ons hoef nie meer alleen te voel nie
Laat vaar jou soektog
En kom in uit die koue
En ons hoef nie meer alleen te voel
Alleen te voel, alleen te voel nie